Transall C-160

Transall C-160
'n C-160 van die Duitse Lugmag
Tipe Militêre vragvliegtuig
Vervaardiger Transall
Nooiensvlug 25 Februarie 1963
Vrygestel 1967
Onttrek Suid-Afrikaanse Lugmag in 1997
Status In gebruik
Hoofgebruikers Franse en Duitse Lugmagte
Suid-Afrikaanse en Turkse Lugmagte
Vervaardig 1963-huidig
Aantal gebou 214

Die Transall C-160 is 'n militêre transportvliegtuig wat ontwikkel is deur Transall, 'n konsortium van Franse en Duitse vliegtuigvervaardigers. Dit is aanvanklik ontwikkel om aan die vereistes vir 'n moderne vragvliegtuig te voldoen vir die Franse en Duitse Lugmagte, maar 29 vliegtuie is ook aan Suid-Afrika en Turkye verkoop, sowel as 'n paar aan burgerlike operateurs.

Die C-160 het homself bewys as 'n duursame ontwerp. Dit is steeds in daaglikse gebruik, reeds langer as 50 jaar sedert die eerste vlug van die tipe in 1963. Dit het ook voorwaardelike logistieke ondersteuning aan 'n aantal oorsese bedrywighede verleen, en in spesialisrolle gedien, soos as 'n lughervullingstenker en 'n elektroniese intelligensie- en kommunikasieplatform. Die C-160 in die Franse en Duitse diens sal binnekort deur die Airbus A400M Atlas vervang word.[1]

  1. Hewson, R. The Vital Guide to Military Aircraft 2de uitgawe. Londen: Airlife Publishing Ltd., 2001.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy